DESMOND TUTU-GERRIT BRAND-PRYS VIR DEBUUTWERK WENNER 2026
Proud to be Deaf: Ministry, Saintliness and the history of the Catholic Deaf Community in South Africa, 1874 – 1994
Mark James
Mark James is die outeur van die wenboek vir die 2026 Desmond Tutu-Gerrit Brand-prys: Proud to be Deaf: Ministry, Saintliness and the history of the Catholic Deaf Community in South Africa, 1874 – 1994. Die beoordelaars waardeer dié publikasie as ’n buitengewone bydrae tot algemene Christelike en teologiese literatuur. Die werk kombineer deeglike navorsing, teologiese insig en kontekstuele relevansie wat beide akademies begrond en pastoraal sensitief is. Die boek verteenwoordig ’n oorspronklike perspektief op Dowe identiteit binne die konteks van die Kerk en geloofsgemeenskappe. Die outeur het op verantwoordbare wyse gebruik gemaak van argivale materiaal, historiese bronne en navorsingsliteratuur binne die Suid-Afrikaanse konteks vir sy werk. Die wenboek verteenwoordig ‘n aktuele, inklusiewe teologiese, én pastorale perspektief. Die publikasie handhaaf ’n balans tussen akademiese uitnemendheid en toeganklikheid vir algemene belangstelling.
Die beoordelaars was prof. Juanita Meyer, prof. Eugene Baron en prof. Douglas Lawrie. Die Desmond Tutu-Gerrit Brand-prys beloop R15 000.
Die volgende skrywers het die Desmond Tutu-Gerrit Brandprys vir debuutwerk gewen:
| Jaar | Wenner(s) |
|---|---|
| 2015 | Lisel Joubert Ontmoeting met heiliges – Verhale van hoe mense hulle geloof geleef het uitgegee deur Naledi |
| 2016 | Annette Potgieter (redakteur), Jong teoloë praat saam, uitgegee deur Bybel-Media |
| 2017 | Lauren Jacobs, Yehudit/Judit, uitgegee deur Lux Verbi |
| 2018 | Pierre du Plessis: Jesus ruik na mirre en stof, uitgegee deur Lux Verbi |
| 2019 | Siya Khumalo: You have to be Gay to know God, uitgegee deur Kwela Books |
| 2020 | Debuut-redakteur en -skrywers van Ongekaart, uitgegee deur Bybelkor |
| 2021 | Ivor Swartz: Die verlore seun vannie Gaaitjie, uitgegee deur Lux Verbi |
| 2022 | Roedolf Botha Jesus-leierskap uitgegee deur Lux Verbi | 2023 | An-Mari do Carmo - Toe als nog groen was |
| 2024 | Rooiletterkind deur Sandy Schoeman | 2025 | Ruhan Fourie - Christian Nationalism and Anticommunism in Twentieth Century South Africa |