DESMOND TUTU-GERRIT BRAND-PRYS VIR DEBUUTWERK WENNER 2024
Rooiletterkind
Sandy Schoeman
Sandy Schoeman se Rooiletterkind (Naledi) is die wenner van die debuutprys. Die
boek bied ‘n blik op die proses en gevolge van aanneming en werp lig op die dinamika van ma-wees en familieverhoudings.”Die skrywer kry dit reg om deernis en empatie by die leser te wek, jou saam met haar op ‘n reis te neem wat begin by haar hunkering om haar eie kinders te hê, haar gebedsversoek, en haar geloof wat uiteindelik gelei het tot vervulling, maar nie op die wyse wat sy aanvanklik gehoop het nie. Hier vind ons ‘n eerlike, deernisvolle vertelling sonder tierlantyntjies en sonder pretensie.”
Die beoordelaars is Anzel Kulsen, Lizelle de Bruin en Lisel Joubert.
Die volgende skrywers het die Desmond Tutu-Gerrit Brandprys vir debuutwerk gewen:
Wenner(s)
Jaar | Wenner(s) |
---|---|
2015 | Lisel Joubert Ontmoeting met heiliges – Verhale van hoe mense hulle geloof geleef het uitgegee deur Naledi |
2016 | Annette Potgieter (redakteur), Jong teoloë praat saam, uitgegee deur Bybel-Media |
2017 | Lauren Jacobs, Yehudit/Judit, uitgegee deur Lux Verbi |
2018 | Pierre du Plessis: Jesus ruik na mirre en stof, uitgegee deur Lux Verbi |
2019 | Siya Khumalo: You have to be Gay to know God, uitgegee deur Kwela Books |
2020 | Debuut-redakteur en -skrywers van Ongekaart, uitgegee deur Bybelkor |
2021 | Ivor Swartz: Die verlore seun vannie Gaaitjie, uitgegee deur Lux Verbi |
2022 | Roedolf Botha Jesus-leierskap uitgegee deur Lux Verbi | 2023 | An-Mari do Carmo - Toe als nog groen was |