ANDREW MURRAY PRYSWENNER 2026
Vind God in die gewone
Tom Smith
Tom Smith se boek, Vind God in die gewone (2024, uitgegee deur Lux Verbi), is die wenner van die 2026 Andrew Murray-prys. Beoordelaars waardeer Smith se deurdagte skryfwerk en praktiese insig waarmee hy gelowiges help om Christus te volg. Een beoordelaar getuig dat dit ‘n boek is wat eers geleef, en toe geskryf is. Die beoordelaars prys Smith se werk aan as ‘n ryk en praktiese boek met Bybelse en ander gepaste verwysings na God se teenwoordigheid in die “gewone lewe” – van slaap, wakker word, was en reinig, etes en etenstafels, soektogte, reis, werk, speel en lag, seer en trane, genesing en rus, lewe en sterwe: God is elke dag teenwoordig in die gewone dinge! As predikant en kerkleier van Johannesburg wys Smith in sy boek hoe ons daagliks meer bewus kan wees van God in ons lewens. Hy laat sien sy leser dat ons verhouding met God ten diepste daaroor gaan om in alles van God se teenwoordigheid bewus te wees en die lewe met verwondering te omhels. Volgens die beoordelaars weerspieël die boek ‘n fyn balans tussen deurleefde spiritualiteit en gegronde teologiese argument. Die bronnelys en voetnote verhoog die standaard en teologiese meriete van die publikasie.
Die beoordelaars was dr. Guillaume Smit, prof. Kobus Schoeman en prof. Christo Lombard. Die Andrew Murray-prys beloop R25 000 en word onder meer geborg deur Dagbreektrust.
Die volgende skrywers het die Andrew Murray-prys in die kategorie Afrikaanse Christelike Boeke gewen:
| Jaar | Wenner(s) |
|---|---|
| 1980 | Ferdinand Deist, Tussen angs en sekerheid, uitgegee deur Tafelberg-Uitgewers |
| 1982 | Juliana Nothnagel: Ons eie Kleuterbybel, uitgegee deur NG Kerk-Uitgewers |
| 1984 | Hennie Rossouw, Die sin van die lewe, uitgegee deur Tafelberg-Uitgewers |
| 1986 | IL de Villiers, Depressie: die siekte van ons tyd, uitgegee deur Tafelberg-Uitgewers |
| 1988 | Jasper Burden en Ferdinand Deist, Kom ons doen Bybelstudie, uitgegee deur Acacia |
| 1990 | Maretha Maartens, ’n Pot vol winter, uitgegee deur HAUM |
| 1992 | Julian Müller, Die erediens as fees, uitgegee deur NG Kerkboekhandel |
| 1994 | Berta Smit, Juffrou Sophia vlug vorentoe, uitgegee deur Queillerie |
| 1996 | FA Venter, Die keer toe ek my naam vergeet het, uitgegee deur Tafelberg-Uitgewers |
| 1998 | Gideon Joubert, Die groot gedagte, uitgegee deur Tafelberg-Uitgewers |
| 2000 | Wil Vosloo, Fika van Rensburg e.a., Die Bybellennium, uitgegee deur Christelike Uitgewersmaatskappy |
| 2002 | TT Cloete, Psalmomdigting in Liedboek van die Kerk, uitgegee deur NG Kerk-Uitgewers |
| 2004 | Jan van der Watt (red), Die Bybel A–Z, uitgegee deur Christelike Uitgewersmaatskappy |
| 2006 | Allan Boesak, Vlug van Gods verbeelding, uitgegee deur Sun Press Media |
| 2008 | Jan A du Rand, Die A–Z van Openbaring, uitgegee deur Christelike Uitgewersmaatskappy |
| 2010 | Stephan Joubert, Jesus – ’n radikale sprong, uitgegee deur Christelike Uitgewersmaatskappy |
| 2012 | Frits Gaum, Fluit-fluit die kerk is uit?, uitgegee deur Bybel-Media |
| 2014 | Jan du Rand, Die Einde, uitgegee deur Christelike Uitgewersmaatskappy |
| 2016 | Barend Vos, Die ewigheid in my hart, en uitgegee deur Lux Verbi |
| 2018 | André Pretorius: Geloof alleen, uitgegee deur Naledi |
| 2020 | Nico Smith: In Mamelodi het ek my God ontmoet, uitgegee deur Lux Verbi |
| 2022 | Louis Jonker, Jan Botha, Ernst Conradie Die Bybel in fokus – Hoe om gelowig én denkend te lees, uitgegee deur Lux Verbi | 2023 | Martin Laubser - Publieke teologie as profetiese teologie? | 2024 | Daar is méér: Mymeringe oor die spiritualiteit van skoonheid, sin, siel en sterflikheid deur Daniël J Louw | 2025 | Cas Vos - Geloofsgedigte |
Die volgende skrywers het die Andrew Murray-prys in die kategorie Afrikaanse Christelike Boeke gewen:
| Jaar | Wenner(s) |
|---|---|
| 2006 | Adri-Louise van Renen vir die artikel ’n Kerstafel van hoop wat verskyn het in LIG van Desember 2005/Januarie 2006 |
Die volgende persoon het die Andrew Murray-prys in die kategorie Afrikaanse Teologiese Artikels gewen:
| Jaar | Wenner(s) |
|---|---|
| 2003 | Dirkie Smit vir die artikel In diens van die tale Kanaäns? wat in 2002 in die NGTT gepubliseer is |
Die volgende persone het die Andrew Murray-prys in die kategorie Afrikaanse Teologiese Boeke gewen:
| Jaar | Wenner(s) |
|---|---|
| 1981 | JA Heyns, Dogmatiek, uitgegee deur NG Kerkboekhandel |
| 1983 | AC Barnard, Die erediens, uitgegee deur NG Kerkboekhandel |
| 1985 | JA Heyns, Teologiese etiek, uitgegee deur NG Kerkboekhandel |
| 1987 | Wentzel van Huyssteen, Teologie as kritiese geloofsverantwoording, uitgegee deur RGN |
| 1989 | JA Heyns, Teologiese Etiek 2/1, uitgegee deur NG Kerkboekhandel |
| 1991 | WD Jonker, Uit vrye guns alleen, uitgegee deur NG Kerkboekhandel |
| 1993 | Coenie Burger, Die dinamika van ’n Christelike geloofsgemeenskap, uitgegee deur Lux Verbi |
| 1995 | Malan Nel, Gemeentebou, uitgegee deur Orion |
| 1997 | WD Jonker, Bevrydende waarheid, uitgegee deur Hugenote-Uitgewers |
| 1999 | CJA Vos, Die volheid daarvan, dele 1 en 2, uitgegee deur RGN |
| 2001 | Ben du Toit, God? Geloof in ’n postmoderne tyd, uitgegee deur CLF-Uitgewers |
| 2003 | Nico Koopman en Robert Vosloo, Die ligtheid van die lig, uitgegee deur Lux Verbi.BM |
| 2007 | Ernst Conradie, Waar op dees aarde vind ’n mens God?, uitgegee deur Lux Verbi.BM |
| 2009 | Francois Wessels, Wie was Jesus regtig?, uitgegee deur Lux Verbi.BM |
| 2011 | Dirk J Smit, Geloof en Openbare lewe, uitgegee deur Sun Media, ’n druknaam van African Sun Media |
| 2013 | Ernst Conradie, Lewend en kragtig?, uitgegee deur Bybel-Mediaa |
| 2015 | Vincent Brümmer, Vroom of regsinnig? Teologie in die NG Kerk, uitgegee deur Bybel-Media |
| 2016 | Coenie Burger en Andries Cilliers, Ontvang wat vir jou gegee is, uitgegee deur Bybelkor |
| 2019 | Amie (JH) van Wyk: Augustinus, uitgegee deur Sun Media |
| 2021 | Malcolm de Roubaix: Hoop, heling, harmonie, uitgegee deur Pengiun Random House |
Die volgende persone en instansies het spesiale toekennings van die Andrew Murray-prysfonds ontvang:
| Jaar | Wenner(s) |
|---|---|
| 1995 | Dr WJ van Zijl (uitgetrede Uitvoerende Voorsitter van NG Kerk-Uitgewers/Lux Verbi)l |
| 1995 | Mev Reneé Heyns (weduwee van prof JA Heyns wat die Andrew Murrayprys drie keer verower het) |
| 1997 | Prof PA Verhoef (vir sy bydrae oor baie jare tot die uitbou van die teologie in Suid-Afrika en veral as Bybelvertaler) |
| 2000 | Mnr Chris Johnsen (vir sy bydrae oor baie jare vir die bevordering van die Christelike boekebedryf in Suid-Afrika) |
| 2002 | Ds Solly Ozrovech (as die mees gelese hedendaagse Christelike skrywer in Afrikaans) |
| 2004 | Dr Frits Gaum (vir sy bydrae oor baie jare tot die bevordering van Afrikaanse Christelike publikasies) |
| 2006 | Ds Hans Linde (vir sy bydrae oor baie jare as die sekretaris van die Andrew Murray-Prysfonds) |
| 2007 | Christelike Lektuurfonds (erkenning aan die CLF se werk die afgelope 50 jaar deur die publikasie en verspreiding van Christelike lektuur in die tale van Suider-Afrika). |
| 2009 | Kerkbode (met die blad se 160ste verjaarsdag; Kerkbode is die oudste steeds bestaande Afrikaanse blad in die land) |
| 2011 | Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu (vir sy bydrae, ook deur sy publikasies, tot versoening in Suid-Afrika) |
| 2012 | Ds Koos Oosthuysen (vir die vertaling van die Bybel in Xhosa) |
| 2013 | Mnr Neels Jackson (vir sy kundige en betroubare verslaggewing oor godsdiens- en kerksake) |
| 2014 | Me Adri-Louise van Renen-Fourie (vir haar uitsonderlike bydrae tot die Afrikaanse Christelike/kerklike joernalistiek) |
| 2015 | Ds Gerrit Kritzinger (vir sy bydrae om die Bybel te laat vertaal en versprei) |
| 2015 | Mnr Roucher du Toit (vir sy orrelspel in diens van die kerk en gemeenskap) |
| 2016 | Mnr Chris Lamprecht (die Andrew Murray-FAK-toekenning vir sy buitengewone bydrae tot die Christelike musiekskat – by name kerkmusiek) |
| 2016 | Dr Gerdrie van der Merwe (as kroniekskrywer van NG gemeentes en vir sy versameling van kerkhistoriese en teologiese boeke en ander Africana) |
| 2017 | Annalise Wiid (die Andrew Murray-FAK-toekenning vir haar bydrae tot die Afrikaanse Christelike musiekskat) |
| 2017 | Dr Pieter Fourie (‘n Andrew Murray-Desmond Tutu-toekenning vir sy bydrae tot die Christelike en kerklike media in Suid-Afrika) |
| 2017 | Ds Johan Smit (1943-2016) (postuum; een van die vrugbaarste en betroubaarste skrywers van geestelike lektuur in Afrikaans) |
| 2017 | Winnie Rust (1939-2016) (postuum; romansier in wie se romans en ander werk Andrew Murray se “het lieve Wellington” ‘n belangrike rol gespeel het) |
| 2018 | Andrew Murray-FAK-toekenning: H Pieter van der Westhuizen (vir sy bydrae tot die Afrikaanse musiekskat, by name koorwerk) |
| 2018 | Timo Crous (vir sy bydrae tot Bybelverspreiding deur die Gideons, sy rol as uitgewer van Christelike boeke, en sy betrokkenheid as lid sedert die stigting van die Andrew Murray-prysfonds) |
| 2019 | Andrew Murray-FAK-toekenning: Zorada Temmingh (vir haar bydrae tot die kerkmusiekskat, by name as orrelis) |
| 2019 | Spesiale Andrew Murray-toekenning: Dana Snyman (vir sy rubrieke en die skryf van Die klaagliedere van ds Tienie Benadé) |
| 2019 | Spesiale Andrew Murray-toekenning: Charl-Johan Lingenfelder (vir sy aandeel aan die fliek Kanarie, ook as musiekregisseur daarvan) |
| 2020 | Andrew Murray-FAK-toekenning: Gideon van der Watt (projekkoördineerder) en Jacques Louw (himnologiese redakteur) van Sing Praises all you People |
| 2020 | Spesiale Andrew Murray-toekenning: Bernard Combrink (projekkoördineerder, Afrikaanse Bybelvertaling 2020) |
| 2020 | CLF-Elise Tempelhoff-toekenning: Ernst Conradie (vir sy bydrae om deur sy publikasies die ekologiese krisis onder die kerk se aandag te bring) |
| 2020 | Jaap Durand-Denise Ackermann-toekenning: Piet Meiring (vir sy bydrae om eenheid, versoening en geregtigheid in kerk en samelewing te bevorder) |
| 2021 | Andrew Murray-FAK-toekenning: Jan de Wet (vir sy bydrae as sanger en liedjieskrywer tot die Christelike musiekskat) |
| 2021 | CLF-Elise Tempelhoff-toekenning: David Botha (vir sy bydrae om die ekologiese krisis op plaaslike vlak onder die aandag te bring) |
| 2021 | Jaap Durand-Denise Ackermann-toekenning: Nadoods aan Mary-Ann Plaatjies-Van Huffel en Danny Titus (vir hulle bydrae in hulle lewe om eenheid, versoening en geregtigheid te bevorder) |
| 2022 | Piet Smit (Andrew Murray-FAK-toekenning vir Christelike Musiek) |
| 2022 | Susan Rakoczy (CLF-Elise Tempelhoff-toekenning vir Omgewingsbewaring en -geregtigheid) |
| 2022 | Laurie Gaum (Jaap Durand-Denise Ackermann-toekenning vir Eenheid, Geregtigheid en Versoening) | 2023 | Marlene Le Roux (Jaap Durand-Denise Ackermann-toekenning vir Eenheid, Geregtigheid en Versoening) | 2023 | Prof Johan Buitendag (CLF-Elise Tempelhoff-toekenning vir Omgewingsbewaring en -geregtigheid) | 2024 | Betereinders (Jaap Durand-Denise Ackermann-toekenning vir Eenheid, Geregtigheid en Versoening) | 2024 | Lizelle de Bruin (CLF-Elise Tempelhoff-toekenning vir Omgewingsbewaring en -geregtigheid) | 2025 | Dr Lucille Meyer (Jaap Durand-Denise Ackermann-toekenning vir Eenheid, Geregtigheid en Versoening) | 2025 | Prof Jacques W. Beukes (CLF-Elise Tempelhoff-toekenning vir Omgewingsbewaring en -geregtigheid) | 2026 | Dr. Wayne Alexander (Jaap Durand-Denise Ackermann-toekenning vir Eenheid, Geregtigheid en Versoening) | 2026 | Dr. Attie van Niekerk (CLF-Elise Tempelhoff-toekenning vir Omgewingsbewaring en -geregtigheid) | 2026 | Prof. Theo van Wyk (ANDREW MURRAY-SAKOV-TOEKENNING: KERKMUSIEK) | 2026 | Dr. Gerdrie van der Merwe (EERWAARDE ANDRIES DREYER-TOEKENNING: KERKHISTORIESE NAVORSING) |