ANDREW MURRAY-DESMOND TUTU PRYSWENNER 2026
Care for Africa. Witnesses of Earthkeeping and Ecological Justice
Redakteurs: Jacques Beukes, Hassan Musa, Fay van Eeden en Mias van Jaarsveld
Jacques Beukes, Hassan Musa, Fay van Eeden en Mias van Jaarsveld is die redakteurs van die wenboek vir die 2026 Andrew Murray-Desmond Tutu-prys: Care for Africa. Witnesses of Earthkeeping and Ecological Justice (2025, uitgegee deur Christelike Lektuurfonds). Volgens die beoordelaars plaas hierdie saamgestelde bundel Christelike teologie in gesprek met die ekologiese krisis en vra wat geloofsgetroue sorg vir die aarde en ekologiese geregtigheid binne die Afrika-konteks vereis. Hulle beskou die belangrikste bydrae van dié publikasie om nie die ekologie te hanteer as bloot opsionele aanvulling tot dogmatiek of etiek nie. Die publikasie hanteer eerder die ekologiese verval as teologiese en morele krisis met implikasies vir Bybelinterpretasie, publieke verbeelding en die geloofwaardigheid van die Christelike getuienis op die Afrika-kontinent. Die medewerkers handhaaf deurgaans ’n fokus op sorg vir die aarde en ekologiese geregtigheid wat die publikasie as teologies samehangend kenmerk.
Die beoordelaars was prof. Demaine Solomons, dr. Sandiswa Lerato Kobe en dr. James Goddard. Die Andrew Murray-Desmond Tutu-prys beloop R25 000.
Die volgende persone het die Andrew Murray-Desmond Tutu-prys in die kategorie Christelike en Teologiese Boeke gewen:
| Jaar | Wenner(s) |
|---|---|
| 2007 | Wentzel van Huyssteen, Alone in the world?, published by Wm B Eerdmans Publishing Co |
| 2008 | John W de Gruchy, Being Human, published by SCM Press |
| 2009 | Vincent Brümmer, What are we doing when we pray?, published by Ashgate Publishing and Len Hanses (Editor), Christian in Public published by Sun Press |
| 2010 | 2010: Paddy Kearney, Guardian of the Light, published by Continuum |
| 2011 | Piet J Naudé, Neither Calender not Clock – Perspectives on the Belhar Confesstion, published by Wm B Eerdmans Publishing Co |
| 2012 | John W de Gruchy, John Calvin – Christian Humanist and Evangelical Reformer, published by Lux Verbi.BM |
| 2013 | Michael Lapsley, Redeeming the Past, gepubliseer deur Struik Christian Media |
| 2014 | John W de Gruchy, Led into Mystery – Faith Seeking Answers in Life and Death, gepubliseer deur SCM Press |
| 2015 | Denise Ackermann Surprised by the Man on the Borrowed Donkey uitgegee deur Lux Verbi |
| 2016 | Elna Mouton, Len Hansen, Gertrude Kapuma, Thomas Togom (redakteurs), Living with dignity, uitgegee deur Sun Press |
| 2017 | Yolande Korkie, 558 Days/558 Dae, uitgegee deur CUM |
| 2018 | Louis Jonker: Defining all-Israel in Chronicles, uitgegee deur Mohr Siebeck |
| 2019 | Jaap Durand: In Awesome Wonder, uitgegee deur Bybelkor |
| 2020 | Rachel Sophia Baard: Sexism and Sin-talk, uitgegee deur Westminster John Knox Press |
| 2021 | Hykie Berg: Ultimate Survivor, uitgegee deur Lux Verbi |
| 2022 | Andries van Aarde Jesus, Paul and Matthew, uitgegee deur Cambridge Scholars Publishers |
| 2023 | Retief Muller: The Scots Afrikaners: Identity Politics and Intertwined Religious Cultures | 2024 | Tributes to Albert Nolan: Reluctant Prophet. Edited by: Mike Deeb, Philippe Denis and Mark James |
| 2025 | Alan Storey -The Bell, Banners and Blasphemy |
Die volgende persoon het die Andrew Murray-Desmond Tutu-prys in die kategorie Teologiese Artikels gewen:
| Jaar | Wenner(s) |
|---|---|
| 2007 | Cornel du Toit vir die artikel Secular Spirituality versus Secular Dualism: Towards postsecular holism as model for a natural theology wat verskyn het in die Hervormde Teologiese Studies van 2006. |
Die volgende persone het die Andrew Murray-Desmond Tutu-prys in die kategorie Christelike Beeld-en-Klank-produksies gewen:
| Jaar | Wenner(s) |
|---|---|
| 2007 | Die massamediaprojek vir die televisiereeks Eight Weeks, Eight Values, One National Conversation wat van 16 Julie tot 10 September 2006 op SABC 2 uitgesaai is |
| 2008 | Frans Cronjé, Global Creative vir vollengte film Faith like Potatoes |