Andrew Murray-Prys

DIE JAAP DURAND-DENISE ACKERMANN-TOEKENNING VIR EENHEID, VERSOENING EN GEREGTIGHEID

Marlene le Roux, uitvoerende hoof van die Kunstekaap-sentrum, is die wenner van hierdie toekenning. Sy is ’n boorling van Wellington en het op 3 maande polio opgedoen wat haar met ’n verswakte been gelaat het. Sy was jare lank regstreeks by jeugontwikkeling betrokke en het in 2014 saam met Karen Smit die Women’s Achievement Network […]

DIE  CLF-ELISE TEMPELHOFF-TOEKENNING VIR OMGEWINGSBEWARING EN -GEREGTIGHEID

Prof Johan Buitendag, gewese dekaan van die Fakulteit van Teologie en Religie, Universiteit van Pretoria, en vooraanstaande kenner van die teologie oor ekologie, is die wenner van dié toekenning. Buitendag het baanbrekerswerk verrig toe hy die eerste Suid-Afrikaner geword het wat ’n doktorsproefskrif oor teologie en ekologie geskryf het. Hy is die outeur of mede-outeur […]

DIE ANDREW MURRAY-FAK-TOEKENNING VIR CHRISTELIKE MUSIEK

Johan Vorster se “Kerslied” ontvang hierdie toekenning. kykNET wou met hulle Kersfeesblyspel 2022 opnuut terugkeer na die Bybelverhaal oor Jesus Christus se geboorte. Die blyspel sluit af met ’n lied deur een van die mees  gerekende Afrikaanse liedjieskrywers, Johan Vorster. Hy het met min tyd tot sy beskikking ’n pragtige lied geskryf wat op gesinne […]

ANDREW MURRAYPRYS VIR TEOLOGIESE BOEKE IN AFRIKAANS

Die wenner is Martin Laubscher vir sy boek “Publieke teologie as profetiese teologie?” Die beoordelaars verklaar dat hierdie werk ’n baie deeglike stuk teologiese navorsing bevat. Laubscher behandel die verhouding tussen publieke teologie en profetiese teologie en doen dit in samehang met die teologie van Karl Barth. Laubscher het die vermoë om sy gedagtes helder […]

Copyright © 2023 Andrew Murray-Prys