Andrew Murray-Prys

Retief Muller se boek, “The Scots Afrikaners: Identity Politics  and Intertwined Religious Cultures”, is vanjaar se wenner van hierdie prys. Volgens die beoordelaars fokus die boek op die Skotse sending en die invloed daarvan op die NG Kerk. “Sowel die Skotte as die Afrikaners is gewortel in die Gereformeerde geloof en het ’n gemeenskaplike teologiese erfenis. Die skrywer ontgin hierdie verhouding aan die hand van oorspronklike bronne. ’n Uitstekende publikasie!”

Die beoordelaars was dr Charlotte Sibanyoni, prof Graham Duncan en prof Hannes Knoetze. Die boek is uitgegee deur Edinburgh University Press.

Copyright © 2023 Andrew Murray-Prys