Wie ons is
Die Andrew Murray-prysfonds wil uitnemendheid in die Christelike media bevorder deur die bekroning van werke van hoogstaande gehalte in Afrikaans en ander tale van Suid-Afrika.
Die Prysfonds se vlagskepe is twee boekpryse, naamlik die Andrew Murray-prys vir Christelike en teologiese publikasies in Afrikaans en die Andrew Murray-Desmond Tutu-prys vir Christelike en teologiese publikasies in enige amptelike taal van Suid-Afrika.
Hierbenewens bied die Prysfonds ook pryse aan vir teologiese artikels, vir Christelike joernalistiek, vir Christelike radioprogramme en vir Christelike beeld-en-klank-produksies. Spesiale toekennings word ook van tyd tot tyd gemaak.
Vir ’n volledige uiteensetting van die kategorieë waarin hierdie pryse toegeken word, klik hier.
Die Uitvoerende Raad van die Andrew Murray-prysfonds bestaan uit (2017):
- Dr Frits Gaum (Voorsitter)
- Ds Willie van der Merwe (Ondervoorsitter)
- Prof Johan Buitendag
- Dr Danie Langner
- Prof Fanie Snyman
- Mnr Herman Bailey
- Me Charmaine Stoffberg
- Prof Francois Viljoen
KONTAK ONS
Die Andrew Murray-prysfonds
+27 21 864 8294
Posbus 5
WELLINGTON
7654