Wie ons is

Die Andrew Murray-prysfonds wil uitnemendheid in die Christelike media bevorder deur die bekroning van werke van hoogstaande gehalte in Afrikaans en ander tale van Suid-Afrika.

Die Prysfonds se vlagskepe is twee boekpryse, naamlik die Andrew Murray-prys vir Christelike en teologiese publikasies in Afrikaans en die Andrew Murray-Desmond Tutu-prys vir Christelike en teologiese publikasies in enige amptelike taal van Suid-Afrika.

Hierbenewens bied die Prysfonds ook pryse aan vir teologiese artikels, vir Christelike joernalistiek, vir Christelike radioprogramme en vir Christelike beeld-en-klank-produksies. Spesiale toekennings word ook van tyd tot tyd gemaak.

Vir ’n volledige uiteensetting van die kategorieë waarin hierdie pryse toegeken word, klik hier.

Die Uitvoerende Raad van die Andrew Murray-prysfonds bestaan uit (2017):

  • Dr Frits Gaum (Voorsitter)
  • Ds Willie van der Merwe (Ondervoorsitter)
  • Prof Johan Buitendag
  • Dr Danie Langner
  • Prof Fanie Snyman
  • Mnr Herman Bailey
  • Me Charmaine Stoffberg
  • Prof Francois Viljoen

KONTAK ONS

Die Andrew Murray-prysfonds
+27 21 864 8294
Posbus 5
WELLINGTON
7654